Ons hoof badkamer venster is een groote venster en is van daardie wasige glas - Ek kan nie nou aan die naam dink nie.
Dit pla my nou al van die begin dat ons hier ingetrek het dat "iemand" my kan sien. Ons bure se huis het een klein badkamer venstertjie wat ook wasige glas het, maar ons venster wys direk op die draai van die straat!!
Julle onthou mos die storie by die Rustenburg se kloof en al die Omies wat die Tannies so afgeloer het in die storte!! Dit is nou presies wat ek wou vermy!
Hier is toe die oplossing vir my probleem..........
Pragtige nuwe gordyne - wat einlik 'n stortgordyn is wat ek middeldeur gesny en gesoom het - Dit was so mooi!
Die wegbinder
Ek kon natuurlik nie ophou by die een badkamer venster nie -
Hier is die Toilet kamer - Ja daar is 'n aparte Toilet met 'n deur - Dankie tog!!
Nou hoef ek nie meer te komkommer dat my buure my afloer nie!! Nie dat hulle in elk geval sal nie!! Ek hoop........
Friday, 13 June 2008
Wie kan my nou nie sien nie!!!
Posted by Karolienkie at 22:06
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
0 comments:
Post a Comment